Breaking News
NASIONALE NUUS - Charmaine van der Walt (65) is die naweek onder ongewone toestande tydens ysige weer by die Lammergeyer-bergwedloop in Lady Grey oorlede.
Die Bloemfonteinse langafstandatleet hardloop al vir 25 jaar en het volgens Netwerk 24 aan 11 Comrades-ultramarathons deelgeneem. Sy was glo vooraf besorg oor die koue weer, maar wou bitter graag aan die Lammergeyer deelneem.
Haar vrese was ongelukkig nie ongegrond nie en toestande bo in die berg waar dele van die wedloop plaasgevind het, was uiters koud en winderig. Digte mis het die atlete se sig belemmer en Van der Walt het moontlik in die digte mis verdwaal.
Lees meer op susterspublikasie, Graaff-Reinet Advertiser
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’