Gallery
MOTOR NUUS - Motorfietsryers vanuit die streek het Sondag 2 Desember saamgetrek by die Paddagat-sentrum langs Knysnaweg om die People's Dispensary for Sick Animals (PDSA) 'n hupstoot te gee voor die Kersseisoen.
Organiseerder Anton Meyer het vertel dat die fondsinsameling vinnig 'n instelling geraak het en dat daar weer twee sulke saamtrekke vir 2019 beplan word.
Daar was sowat 70 fietse te sien by die gesinsbyeenkoms met geharde motorfietsryers, hul metgeselle en sommer baie kinders wat hulle ouers soontoe gesleep het om die fietse te kom bewonder.
Lede van die verkeersowerheid was aan diens om die groep ryers veilig na hul bestemming by die PDSA se kantoor te vergesel.
Moira Gibbs (PDSA), Anton Meyer, Zane Upman, Leigh-Anne Van Greunen en Paul (Hammy) de Vries.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'