MOSSELBAAI NUUS - Die Borgward-klub van Suid-Afrika hou vanaf 10 tot 13 Februarie 'n saamtrek in Hartenbos om hul 61ste bestaansjaar te vier.
Dié klub wat op 2 Junie 1961 in Kaapstad gestig is, is die oudste Borward-klub ter wêreld. As gevolg van die Covid-19-pandemie kon die klub se 60-jarige viering nie in 2021 plaasvind nie.
Vanjaar se vieringe val saam met die George Motorskou en volgende die organiseerders verwag hulle groot deelname van Borgward-eienaars van regoor die land by die skou op George.
Borgward-eienaars sien glo baie uit na die saamtrek om hierdie mylpaal te vier.
LEES MEER: Ready for George Old Car Show
Borgward-eienaars van regoor die land word vanjaar by die skou op George verwag.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'