MOSSELBAAI NUUS - Eden Athlete Management Services het op Vrydag, 15 Julie, ‘n vriendskaplike game of throws aangebied waar plaaslike atlete aan hamergooi, gewigstoot, diskus en spiesgooi deelgeneem het.
Verskeie ander atletiek-akademies van regoor die land het soortgelyke byeenkomste aangebied vir hulle atlete.
Volgens Jannie Nel, organiseerder, is hierdie byeenkoms gehou ter voorbereiding van die Southern African Christian Schools Sports Association (SACSSA) se ope kompetisie op 17 September 2022.
Dit is ook voorbereiding vir die Mosselbaai-worpebyeenkoms wat op 1 Oktober deur Eden Athlete Management Services aangebied word as deel van die Mosselbaai Sportfees.
Atlete en plaaslike besighede wie wil betrokke raak by die byeenkomste kan Nel kontak by 083 265 0798.
Die groep atlete was baie opgewonde om te kyk hoeveel hulle verbeter het in die af-seisoen. Die game of throws was ‘n eerste geleentheid om weer aan kompetisie gewoond te raak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'