MOSSEL BAY NEWS - Get involved locally and make new friends:
Thursday, 26 September
- On 26 September, enjoy light-hearted entertainment with Let's Make Love, starring iconic blonde bombshell, Marilyn Monroe, and heartthrob Yves Montand. This will be at the Monroe Theatre at 18:30. For more information, contact Joan (082 415 9588).
- Bridge @ Great Brak every Thursday from 13:00 at the Great Brak cricket clubhouse. Beginners welcome. Contact Johan (083 736 5747).
Vrydag, 27 September
- Die gemeenskapsorganisasie, Help Lift, wat uitreik na die gemeenskap in verskillende sektore, bied op 27 September om 09:00 strandspele op Diasstrand aan. Dit is deel van die Mosselbaai Sport- en Rekreasiefees. Besoekers kan deelneem aan onder meer vlugbal en strandsokker asook raakrugby. Volgens een van die organiseerders, Willie Liebenberg is daar junior en senior meisie- en seunsspanne. "Almal is welkom en dit is nie nodig om vooraf in te skryf nie. Besoekers kan op die dag ook spanne van ses vorm."
- Rugby touchies will be played at the D'Almeida Stadium on 27 September at 18:00 as part of the Mossel Bay Sport and Recreation Festival.
- Die D'Almeida openbare biblioteek nooi alle junior en senior skaakspelers na hulle skaaktoernooi wat sal plaasvind op 27 September by die D'Almeida-gemeenskapsaal. Alle leerders wat belangstel kan gerus hul name inhandig by die biblioteek. Registrasie vind plaas tot 26 September.
Deelname aan die toernooi is gratis en die biblioteek kan gekontak word (044 606 5285).
- Acclaimed singer and songwriter Luna Paige is performing at the Monroe Theatre on Friday, 27 September. Paige has been lauded for her production, Korreltjie Kantel, an ode to Afrikaans poet, Ingrid Jonker.
Limited seats are available for this one night only performance as Paige tours the Garden Route. Enquiries can be made to Joan (082 415 9588).
- The Mossel Bay Bridge Club meets every Friday afternoon from 13:00 at the St Peter's Church hall, corner of Marsh and Mitchell streets, Mossel Bay. All interested bridge players are welcome. For further information, call Dorothy Potgieter (074 668 4016).
Saturday, 28 September
- Hartenbos Boeremark met meer as 80 uitstallers, se volgende mark is op 28 September. Dit begin om 08:00 tot 14:00 en vind by die Carney-gebou op Hartenbos plaas.
- Daar is smullekker eetgoed en interessante arts and crafts-stalletjies sowel as 'n witolifant-tafel met meer as 30 tafels vol iets van als en als van iets. Vriendelike uitstallers en jolige musiek. Navrae Charles (082 852 1773).
Sondag, 29 September
- Die Mosselbaai Familie Plaasmark vind elke Sondag vanaf 08:00 tot 14:00 plaas.
- Die mark is net buite Hartenbos, langs die Hartenbosrivier en N2. Toegang is vanaf die R102 (ou Groot Brakpad).
- Die mark verskaf heerlike vars organiese groente, vrugte, tuisgemaakte produkte, lekker eetgoed en yskoue drinkgoed. Bring jou kinders, kleinkinders en hondekinders na die mark. Kontak Alma (082 601 9936).
"Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'