MOSSELBAAI NUUS - Die Mossel Bay Advertiser ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief. Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za swoel byvoeglike naamwoord, swoeler, swoelste.
1. (ten opsigte van weergesteldheid) Broeiend warm en bedompig: ’n Swoel somersdag. Swoel onweerslug. Swoel, benoude nagte.
Teen drie-uur se stryk besluit ek: “Te hel!”; drink ’n pil; spalk my oop op my bed, want die nag is swoel (H Aucamp in Kol, Augustus 1968, 29). Die warm, droë wind herinner haar aan die “sirocco”, die swoel Afrika-wind wat soms deur Rome waai en humeure verfraiing (H de Kock: Vergenoeg, 1986, 63).
2. Sinlik en enigsins wulps: Prinses C. van Monaco lyk nie soos ’n sprokiesprinses nie. Sy is te sensueel, te swoel, te, wel, sexy (M van der Vyver in Kat, Desember 1991, 40).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'