Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Willem le Grange, Mosselbaai se eie Suid-Afrikaanse pampoenkampioen, is hoopvol om weer met die louere weg te stap op Heidelberg. Le Grange het verlede jaar die SA-rekord van 860kg gebreek met sy Atlantic Gaint-pampoen, genaamd Tornado.
Dié pampoen het die skaal op 867,5kg getrek by die Heidelberg-skou en vanjaar het hy vier pampoene ingeskryf.
Hy het verlede jaar ook die rekord met Tornado, waarvan hy die sade teen $40 uit die VSA ingevoer het, gebreek as die grootste pampoen in die Suidelike Halfrond van Afrika.
Vanoggend Saterdag, 26 Maart, het Le Grange, familie en vriende die laaste drie pampoene gelaai nadat hy gister die kleinste pampoen na die skou geneem het vir besigtiging.
Dié beskeie jong man wat as plaasbestuurder op die Ruiterbosch Agri avocado- en sitrusplaas werk, wou nie aanspraak maak op enigiets nie. Volgens hom sal die skaal by die skou maar die verhaal moet vertel.
Die drie pampoene is versigtig op twee sleepwaens gelaai en is nou onderweg na die kompetisie wat reeds gister op Heidelberg begin het.
Een van die pampoene se saad, het hy verlede jaar by die skou in die noordelike streek gekoop. Die saad se eienaar, Wikus Lampbrecht was vandag ook by om te help laai. Lampbrecht is 2022 se noordelike streek-kampioen met sy pampoen van 846kg.
Met sy eie Suid-Afrikaanse rekord van 867,5kg, is Le Grange baie opgewonde oor die kompetisie wat die naweek plaasvind.
VIDEO - Willem se pampoene op pad na skou:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'