MOSSELBAAI NUUS - 'n Werkswinkel, met die titel, Afhanklikheid: Individuele Terapie of Groepsterapie, vind Maandag, 14 Augustus, plaas by die NG Moedergemeente, Kerkstraat, Mosselbaai.
Dit begin om 18:00 en eindig 21:00. Dit word deur die narratiewe terapie nie-winsgewende organisasie, Caritas Care, aangebied.
RSVP vir die werkswinkel vandag, 12 Augustus. Kontak Stefanie Minnaar (082 900 9302) of Petra (082 788 8437).
Die spreker is dr Jo Viljoen. Sy wy haar daaraan toe om mense by te staan om deur narratiewe terapie te help om heel te word.
Sy het opleiding in kliniese psigiatriese verpleging.
Tydens Viljoen se doktorale studie het die narratiewe benadering haar geprikkel en sy het dit vir haar Phd gebruik.
Sy is 'n direkteur van Simcha Recovery en doen groepsterapie asook individuele terapie. Sy is ook as dosent betrokke by die opleiding van die narratiewe studente van Caritas.
Sy bring die nuutste narratiewe praktyke na haar werkswinkels, waar sy haar entoesiasme rondom die beginsels van die persoon is nie die probleem nie maar die probleem is die persoon.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’