MOSSELBAAI NUUS - Wat het Theuns Jordaan, Dewald Wasserfall, Demi Lee Moor, Riana Nell en Snotkop in gemeen?
Die feit dat 10 gelukkige wenners hulle binnekort gratis te siene kan kry wanneer Afrikaans is Groot Mosselbaai toe kom.
Die organiseerders gee vyf dubbelkaartjies weg.
Hierdie konsert is die grootste in Afrikaans ter wêreld en vind plaas in Mosselbaai se Van Riebeeck-stadion op 28 Desember. Daar is hope pret en vermaak vir die hele gesin en juis daarom is die gedagte om gratis kaartjies te bekom, nie te versmaaie nie.
Hoe om te wen
Bring 'n uitknipsel van hierdie oorspronklike koerant artikel na die Mossel Bay Advertiser se kantoor, Kerkstraat 9, teen Woensdag, 11 Desember om 14:00.
Handig dit in en kry jou gelukkige nommer in ruil vir jou naam en telefoonnommer. Die korresponderende nommer word in die geseëlde Afrikaans is Groot-boks geplaas waaruit die gelukstrekking gedoen sal word. Slegs een inskrywing per persoon word toegelaat.
Die gelukstrekking vind regstreeks plaas op die Mossel Bay Advertiser se facebookblad op Donderdag, 12 Desember om 11:00, waarna die wenners bekend gemaak sal word.
Wenners moet op Vrydag, 13 Desember hulle gratis kaartjies by die Mossel Bay Advertiser kom afhaal om 10:00.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'