MOSSELBAAI NUUS - Inwoners word gevra om daarop te let dat vullis wat gewoonlik op Dinsdae verwyder word, tydens Kersfees en Nuwejaar nie op die genoemde dae verwyder sal word nie, maar wel die dag direk daarna.
PetroSA se stortingsterrein is op beide Kersfees en Nuwejaar gesluit en geen munisipale vullisverwydering kan gevolglik op die genoemde datums plaasvind nie, maar wel op Woensdag, 26 Desember en Woensdag, 2 Januarie 2019.
Alle huishoudings en besighede waar vullisverwydering gewoonlik op Dinsdae plaasvind, word versoek om nie op Kersfees of Nuwejaarsdag vullissakke vir verwydering uit te sit nie, maar op die Woensdag.
Dié reëling is net van toepassing op die twee betrokke datums. Vullisverwydering voor en na die twee datums sal voorts soos normaal plaasvind.
Inwoners kan ook huishou-delike afval by die oorlaai-stasies in Kwa-Nonqaba en Son-skynvallei stort.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'