HARTENBOS NUUS - 'n Klompie plaaslike sakeondernemings het verlede naweek saamgespan vir 'n skoonmaakinisiatief op die strand naby die Hartenbos Seefront.
'n Groepie vrywilligers het hulle Saterdag-tyd hiervoor opgeoffer.
Een van die vrywilligers (en ook die stigter van die Stranded Marine Animal Rescue Team), Tersia Marais, sê sy was geskok om op 25 Oktober soveel sigaretstompies, lekkergoedpapiertjies, bottels, blikke en ander plastiekitems te sien.
Sy was deel van ’n groep wat op 20 September as deel van die Internasionale Kusskoonmaakdag óók in die area opgeruim het.
"Dit is belangrik dat ons Mosselbaaiers aan hierdie strandskoonmaakinisiatiewe deelneem!
“Elke plastiekdoppie, stukkie vislyn of tou kan ons marinediere beseer of selfs doodmaak."
Jim Richard is gelukkig met die hoeveelheid gemors wat hy opgetel het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’