Update
MOSSELBAAI NUUS - Die 27-jarige vrou wat gistermiddag, op Maandag, 17 Oktober by haar kantoor in Mosselbaai met ‘n mes aangeval is, is deur haar familie as Kirsty James geïdentifiseer.
James het verskeie steekwonde opgedoen waaraan sy later in die hospitaal beswyk het. Sy het by NDK Valuers gewerk en is tussen 15:30 en 15:50 deur ‘n 32-jarige vrou aangeval.
Die Mossel Bay Advertiser het intussen verneem dat James en die verdagte vriendinne was.
Die verdagte mag nie geidentifiseer word tot na haar eerste hofverskyning nie en is tans in ‘n hospitaal in Mosselbaai onder polisiebewaking omdat sy ‘n besering aan haar hand tydens die voorval opgedoen het.
Sy is op die perseel van NDK Valuers deur die polisie in hegtenis geneem. James is volgens die polisie verskeie kere met ‘n mes gesteek en die lem van die mes het tydens die aanval afgebreek. Die omstandighede van die voorval is nog nie bekend nie.
James was die ma van ‘n jong dogtertjie en die verdagte het na wat verneem word ook kinders.
Vorige berig: Vrou sterf na mesaanval by kantoor
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'