MOSSELBAAI NUUSFLITS - 'n Vrou is vanmiddag by Diazstrand beseer toe sy van 'n waterponie, oftewel jetski geval het.
Na wat verneem het, het twee persone met die jetski in die water gespeel.
Ongeveer 12:50 het die vrou na wat verneem word van die jetski afgeval toe dit deur 'n brander gegaan het.
Die vrou is onmiddellik deur lewensredders bygestaan. Aangesien sy van 'n nekbesering gekla het, is nooddienspersoneel ontbied en is die vrou met 'n ER24-ambulans na 'n plaaslike hospitaal geneem.
Geen verdere inligting is op hierdie stadium beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'