GROOT BRAKRIVIER NUUS - 'n 51-jarige vrou is dood en twee mense beseer toe hulle deur 'n voertuig op die N2 getref is naby De Dekke in Groot-Brakrivier.
Volgens sersant Lauriane Botha, kommunikasiebeampte van die Groot-Brakrivier-polisiestasie het die voetgangers vanaf De Dekke na Groot Brak gestap toe 'n voertuig hulle getref het.
Die nooddienste het die vrou op die toneel dood verklaar. Die beseerdes is die vrou se 18-jarige seun, een van 'n tweeling, en vyf-jarige kleindogter.
Hulle is met die ambulansdienste na die Mosselbaai-hospitaal geneem.
Hierdie is 'n ontwikkelende storie.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'