RIVERSDAL NUUS - ‘n Vragmotor wat teer vervoer, het vanoggend om 11:20 op die N2 tussen Albertinia en Riversdal omgeslaan.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
Verskeie rolspelers is op die toneel en die padoppervlakte word skoongemaak.
‘n Stop-en-ry is tans vir verkeer in plek.
Dit is nog nie bekend of daar enigeen in die voorval beseer is nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’