Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - 'n Voetganger is vanmiddag by die verkeersligte oorkant die Heiderand Mall op Louis Fourieweg doodgery.
Die ouderdom en geslag van die oorledene is nog nie bekend gemaak nie en die polisie en nooddienspersoneel is steeds op die toneel.
Die oorsaak van die voorval, wat tussen 14:00 en 14:30 gebeur het, is nog nie bekend nie.
Hierdie is 'n ontwikkelende storie.
Polisiebeamptes is steeds op die toneel. Foto: Linzetta Calitz
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’