KLEIN-BRAKRIVIER NUUS - Een persoon is oorlede weens 'n ongeluk op die N2 vroeër vanmiddag, 21 Junie.
Volgens sers. Lauriane Botha, woordvoerder vir die Groot-Brakrivier-polisie, het die ongeluk net voor 16:00 naby Klein-Brakrivier plaasgevind.
Die voertuig was in die rigting van Mosselbaai onderweg.
'n Voetganger het na bewering die pad probeer oorsteek toe 'n voertuig die persoon tref.
Die identiteit van die slagoffer is nog nie bekend nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’