GROOT-BRAKRIVIER NUUS - ’n Voertuig en ’n bees was vroeër vanaand, 23 Junie, in ’n ongeluk op Groot-Brakrivier betrokke.
Volgens sers. Lauriane Botha, woordvoerder vir die Groot Brak-polisie, het die ongeluk om 18:30 in Amy Searlestraat gebeur.
Volgens Botha was die bestuurder op pad na haar huis en het na bewering nie die bees gesien nie.
Die vrou het geen beserings opgedoen nie en die bees is dood.
Die voertuig en die dier is intussen van die toneel af verwyder.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’