MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai- Brand-, Redding en Rampbestuursdiens is vanoggend, op Saterdag, 29 Oktober na 'n ongelukstoneel op die N2, naby De Heus ontbied.
'n Voertuig het op sy dak beland.
Drie vroue en twee mans is met ligte beserings na 'n hospitaal in Mosselbaai geneem. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'