GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Geen ernstige beserings is aangemeld nadat ‘n voertuig gistermiddag, Vrydag 27 Junie van die brug by Die Eiland gery het, en in die water beland het.
Só sê Groot-Brakrivier polisiewoordvoerder, Sers. Lauriane Botha.
Botha sê die bestuurder van die afleweringsvoertuig beweer hy het beheer oor die voertuig verloor, toe hy die brug wou oorsteek.
Slegs een voertuig kan op ‘n slag oor die brug ry.
Die omstandighede van die voorval word ondersoek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’