MOSSELBAAI NUUS - Die VLV Voëlvlei-tak het die jaar groen afgeskop met ‘n besoek aan die Danabaai-kwekery.
Johlene Muller het vyf interessante wenke van JJ van Rensburg oor die plant van bome in jou tuin, voorgehou. Dit sluit in om nie bome te plant wat te hoog is nie, 'n groot wortelstelsel het of blare wat te dig is nie.
D'tana Fry, eienaar van die kwekery, het praktiese wenke en interessante inligting gegee oor suksesvolle plante in potte.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'