MOSSELBAAI NUUS - In 'n grootskaalse reddingspoging is daarin geslaag om 'n visserskuit, die SeaVuna Imbongi, van 'n sandbank in die Diasstrandomgewing te red.
Die skuit het vroeër vanmiddag in die moeilikheid geraak.
Die NSRI se Rescue 15 het die skuit van die sandbank afgesleep, en die TNPA Hawe-owerheid se sleepboot, Arctic Turn is onderweg om die Imbongi na die Mosselbaai-hawe terug te sleep.
Alle nooddienste in Mosselbaai het baie vinnig op die insident reageer.
Geen berigte van enige beserings is ontvang nie
Die area waar die Imbongi probleme ervaar het.
Die visserskuit SeaVuna Imbongi het vroeër naby Diasstrand op 'n sandbank beland.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'