Breaking News Video
DANABAAI NUUS - ‘n Hengelaar het op Vrydag 8 Augustus op Danabaai se Eerste Strand visgevang toe 'n Kaapse pelsrob uit die branders op die rotse verskyn en die hengelaars se toerusting aangeval het.
Die man, Roger Constance (58), is tydens die episode op sy been en enkel gebyt.
Hy het profilaktiese inspuitings teen die hondsdolheid virus by die Mosselbaai Provinsiale Hospitaal ontvang.
Die publiek word versoek om versigtig te wees wanneer enige robbe op strande verskyn, of hulle nou tekens van aggressie toon of nie.
Die Stranded Marine Animal Rescue Team (S.M.A.R.T.) beveel aan dat jy 'n afstand tussen jou en die rob handhaaf, en enige waarnemings aan die organisasie rapporteer by 072 227 4715.
Kyk die video van die voorval hieronder. Video: Verskaf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’