Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Net vier seiljagte het die MBR seiljagresies voltooi wat Donderdag, 29 September by Simonstad begin het en vandag, 1 Oktober in Mosselbaai geëindig het.
Die MBR is 'n kwalifiseerder vir die uitdagende Cape to Rio seiljagresies en gee bemanningslede die geleentheid om hulle vaardighede op te skerp.
Die seiljag wat eerste in die Mosselbaai hawe aangekom het, was Wallbanger met Ged Hewson as kaptein. Die Maker's Mark met James Cregan as kaptein, was tweede.
Geoff Genricks, kaptein van Serendipity en sy bemanning het vanoggend in die Mosselbaai hawe aangekom in die derde plek. Shaun Verster, kaptein van Suidoos11 was 4de en is die enigste bemanning wat vanaand in Mosselbaai oorbly. Die ander 3 seiljagte het binne 'n uur weer die 40-uur lange terugvaart, aangepak.
Uitdagende weersomstandighede
Steve Casey van die Valsbaai Seiljagklub, die seiljagresies-beampte, wat moes seker maak dat alles glad verloop, vertel dat die seiljagte in moeilike omstandighede begin het met 'n baie sterk suid-oostelike wind wat reg van voor gewaai het.
Volgens Casey is die MBR resies baie uitdagend en vereis besondere fisiese krag en tegniese kennis en ervaring wat veral Donderdag tydens die wegspring getoets is met 'n baie sterk suid-oostelike wind wat gewaai het. Dié wind het die aand bedaar en Vrydagoggend het 'n westelike wind gewaai wat vir goeie seiljagvaart gesorg het.
Die resies is 80 jaar oud en is sowat vyf jaar terug weer ingestel om seiljagvaart op die oopsee te bevorder. Volgens Mark Furness, direkteur van Toerisme by die Mosselbaai Munisipaliteit, is dié seiljagvaartresies ikonies en ondersteun dit die dorp se toerismeveldtog as Ikoniese Mosselbaai.
VIDEO - Geoff Genricks, Captain of Serendipity, and Deon Coetzer, Crew member, talk about their race from Simonstown to Mossel Bay.
VIDEO: Deon Coetzer, bemanningslid van Serendipity, wat in Mosselbaai grootgeword het, vertel van hul volgende seiljagresies.
VIDEO: Mark Furness, Director of Tourism, Mossel Bay Municipality, talks about the importance of these events for Mossel Bay.
VIDEO: Steve Casey, False Bay Yacht Club Race officer, tells more about the MBR and the tough sailing conditions.
VIDEO: Serendipity vertrek terug na Simonstad (Video's: Alet Engelbrecht, Mossel Bay Advertiser)
Die Serendipity kom in die Mosselbaai se hawe aan na 'n moeilike vaart tussen Simonstad en Mosselbaai.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'