MOSSELBAAI NUUS - Pennies op die spoor is 'n viering van die musiekerfenis van een van Afrikaans se grootste liedjieskrywers, Stef Kruger.
Die vertoning spog met die talente van Blackie Swart, Jannie Moolman, Riku en Jackie Lätti, Schalk Maas, Petronel Baard en die meester, Stef Kruger, self.
Die eerste vertoning vind op Vrydag 26 Julie by ReedValley, Mosselbaai, plaas.
"Ek werk sedert 2014 saam met Stef, en sedert 2017 toer ons gereeld saam as Verdubbel die Geluk. Ek is uiteraard 'n groot bewonderaar van sy musiek, en soos ons spore oor die land geloop het, eggo sy woord- en musiekkuns ook ons landskap vir my," sê Baard.
Sedert 2018 toer hulle saam met Schalk Maas en Soetmelk as Triptruuk, ná 'n suksesvolle vertoning by Die Boer-teaterrestaurant in 2017 met net oorspronklike musiek in Afrikaans.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’