MOSSELBAAI NUUS - Die Bosbus' 8788 Social Club het tydens hul jaarlikse reünie op Mosselbaai 'n welkome skenking aan Mosselbaai EK Primêr gemaak.
Die New Birth Ministry van Mosselbaai het gehelp om hierdie skenking van skoolskoene en lekkernye te koördineer.
Die Bosbus-klub bestaan uit 'n groep militêre veterane van verskeie provinsies wat in 1987/88 hul diensplig voltooi het.
Een van die stigterslede van die klub, Mikhaeel Harris, sê hulle het ná Covid-19 probeer om lede van daardie jare bymekaar te kry en 'n reünie te reël. Nou is dit al die vyfde jaar wat hulle dié reünie op Mossel-baai hou.
Sowat twee haar gelede het hulle besluit hulle wil meer doen as net sosialiseer, en dat hulle ook in die gemeenskap wou terugploeg.
Beneta Botha, die pastoor by New Birth, sê hulle het gehelp om kinders te identifiseer wat by so 'n skenking kan baat.
Die klub, New Birth en leerders van die skool het verlede Vrydag, 29 Augustus, in Santos bymekaargekom en saam middagete geniet. Die skenking is ook hier oorhandig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’