MOSSELBAAI NUUS - Die streeksgedeelte van die ATKV-Crescendo oudisies het onlangs in Mosselbaai plaasgevind, maar omdat die talent oorweldigend was, sal 'n vertoning op 3 November plaasvind.
Dit gaan dien as die finale ronde vir die Tuinroete-oudisies by die Bravo Lounge, Garden Route Casino, met 'n verassing-beoordelaar en direksielede van die ATKV.
Petronel Baard, wat 'n bekende sanger en musikant is, is gevra om vyf finaliste uit oudisies in die Tuinroete te kies.
Die finaliste gaan outomaties deur na die top 25 landwyd vir die ATKV-Crecsendo kompetisie, waaruit die top tien gekies word in April volgende jaar.
Baard verduidelik dat die finaliste word gementor onder die leiding van vooraanstaande Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Danie Reënwolf, Karen Zoid en Sarah Theron, asook Baard haarself.
Die oudisies wat gehou is, het in samewerking met MOCCA en Mosselbaai Toerisme by The Town's House in Marketstraat plaasgevind.
Talente wat ingeskryf het is Boeremusieklegende Frans Brits, Janine Fourie Music, Crimson Hozay, Mia Holloway, die rap kunstenaar Onblusbaar en vele meer.
Baard sê: "Almal wat kom oudisie doen het gekwalifiseer vir ons konsert 3 November. Die oudisies is geskuif tot dan."
Navrae oor die konsert kan gerig word aan Baard (082 737 8416).
Aladin Tristen Buis, Koos Louw, Yolyn Fortuin en Phizzy was deel van die kunstenaars in die oudisies by The Town's House.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’