MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaaier, Franco Boshoff het die afgelope week sy onderwysgraad aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang. Hy sluit hierdie veelsydige hoofstuk puik af en begin skryf aan 'n nuwe hoofstuk van sy lewensverhaal. Franco het 'n pos aanvaar by die Laerskool De Hoop in Somerset-Wes wat een van die spogskole in die Helderberg streek is.
Franco was in Laerskool Park en het gematrikuleer by Hoërskool Outeniqua.
Hy was 'n provinsiale rugbyspeler vanaf o/12 en het ook vir die Arende o/20 gespeel. Hy is ook 'n provinsiale gewigstoter en het vanjaar as lid van die Maties se atletiekspan vierde geëindig in 'n kompetisie tussen al die universiteite in die land.
Sy persoonlike beste afstand was 14,39m met 'n 7.26kg gewig.
Franco sal sy studies verder voortsit aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy volgende jaar deeltyds sal inskryf vir 'n honneursgraad in opvoedkundige ontwikkeling en demokrasie. Dit is beslis 'n opwindende hoofstuk vol uitdagings wat voorlê, maar Franco is gereed om hiervan ook 'n sukses te maak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'