GLENTANA NUUS - ’n 64-jarige man het vanoggend, Vrydag 13 Maart, by Glentanastrand, Groot-Brakrivier verdrink.
Volgens die Groot-Brak-polisie was die slagoffer oorspronklik van Durban af en het in Glentana saam met sy familie vakansie gehou.
Die man het na wat verneem word om ongeveer 08:00 vir sy familie gesê hy gaan in die see swem.
Toe hy om ongeveer 09:00 nog nie teruggekeer het nie, het sy skoonseun na hom gaan soek.
Die polisie sê die skoonseun het op hom afgekom waar hy in die water gedryf het. Hy het die slagoffer uit die water gehaal en mond-tot-mond-asemhaling toegepas, maar dit was tevergeefs.
Mediese nooddienste het die man op die toneel dood verklaar. ’n Geregtelike doodsondersoek is by die Groot-Brak-polisie geopen.
Die slagoffer se identiteit is nog onbekend.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’