Video
GROOT-BRAKRIVIER NUUS EN VIDEO - Twee mans van Greenfield op Groot-Brakrivier is beseer nadat 'n bouval in Daffodilsingel vandag, op Donderdag 17 Februarie ineengestort het.
Na wat verneem word het die twee mans onder 'n vloerblad van die bouval gesit toe dit inmekaar gesak het.
Nooddienste is op die toneel en die omvang van die inwoners se beserings is nog nie bekend nie.
Die voorval volg nadat vyf gesinne in Desember 2021 aangesê is om hul huise te ontruim nadat hewige reën die grond onstabiel gemaak het en reën gister waarskynlik ook vir die grondverskuiwing verantwoordelik was.
VERSKAFTE VIDEO:
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'