MOSSEL BAY NEWS - An exclusive treat is in store for lovers of fine music. The Mossel Bay Arts Society is hosting Classical to Cabaret with Niël Rademan (baritone), Elna van der Merwe (piano) and Petrus de Beer (violin).
This trio will be performing virtuoso melodies for violin and piano and songs from opera and musicals.
Rademan is well known for his ability to compile programmes which comprise an array of genres which culminate in a magical musical experience.
Elna van der Merwe is considered one of South Africa’s leading accompanists, while Petrus de Beer is a violinist and violist who completed his MMus in Scotland at the Royal Scottish Academy for Music and Drama.
He performs countrywide, is a member of the Cape Philharmonic Orchestra and teaches budding young violinists. Mossel Bay music aficionados may recall Petrus’ notable performance of Vivaldi’s Four Seasons at the museum a few years ago when he performed with World Café.
The concert takes place at 19:30 on Saturday, 18 June, at the Dias Museum.
Doors will open at 18:30. Booking - at R150 for members of the Mossel Bay Arts Society, R180 for non-members and R50 for scholars - is essential and can be done by calling 064 963 9962. Enquiries may be directed to the organiser, Jeanne Pienaar (082 979 6007).
'We bring you the latest Mossel Bay, Garden Route news'
'Klassiek tot Kabaret' met skitterende trio
MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Kunstevereniging spog weer - hierdie keer met ’n spesiale winterkonsert wat net vir Mosselbaai uitgevoer gaan word.
En wát ’n uitvoering gaan dit nie wees met Niël Rademan as bariton, Petrus de Beer op viool en Elna van der Merwe op klavier nie.
Hierdie gedugte trio voer menige genres uit en dié konsert is geen uitsondering nie - Klassiek tot Kabaret bestaan uit bekende virtuose melodieë vir viool, klavier en liedere uit die opera- en musiekspel-skat.
Niël Rademan is bekend vir sy vermoë om ’n verskeidenheid genres in een program tot ’n toweragtige geheel saam te snoer.
Elna van der Merwe word gereken as een van Suid-Afrika se beste begeleiers. Petrus de Beer is ‘n violis, altviolis en platejoggie wat sy MMus in Skotland by die Royal Scottish Academy for Music and Drama voltooi het.
Hy tree reg oor die land op, is ‘n lid van die Kaapse Filharmoniese Orkes en gee les vir menige jong violiste. Sommige van ons musiekliefhebbers sal waarskynlik Petrus se inspirerende vertolking van Vivaldi se Vier Seisoene onthou wat hy saam met World Café ’n paar jaar gelede in die museum aangebied het.
Hierdie onmisbare konsert vind op Saterdag 18 Junie om 19:30 in die Dias Museum plaas. Deure sal oop wees teen 18:30.
Bespreking is noodsaaklik en kaartjies kos R150 vir lede van die Mosselbaai Kunstevereniging, R180 vir nie-lede en R50 vir skoliere. Bespreking is noodsaaklik en kan by 064 963 9962 gemaak word. Navrae kan aan die organiseerder, Jeanne Pienaar, by 082 979 6007 gerig word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'