MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se jaarlikse talentsoektog, Mossel Bay’s Got Talent, gefasiliteer deur die Mosselbaai-munisipaliteit se jeugkantoor, begin vandeesweek.
Talentvolle jongmense in die groter Mosselbaai sal weer eens die geleentheid kry om in verskillende kategorieë mee te ding vir kontantpryse wat by die finaal op 16 Junie oorhandig sal word.
Op Vrydag, 6 Maart, kry sangers, dansers, akteurs, musikante en ander uitvoerende kunstenaars in Brandwag, Sonskynvallei, Powertown en Ruiterbos die kans om te wys wat hulle kan doen.
Registrasie begin reeds vanaf 16:00.
Beoordelaars en deelnemers tydens verlede jaar se MBGT.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'