SUID-KAAP NUUS - Gerald Becker, provinsiale verkeershoof, het bevestig dat die Swartbergpas vir verkeer gesluit bly.
"Die pas is nie gebou vir swaar verkeer nie en die sneeu is besig om te smelt. Dit maak die pad nat en uiters gevaarlik," het hy gesê.
Ten spyte van die borde langs die pad wat aandui dat die pas gesluit is, ry talle mense steeds om die sneeu te gaan kyk.
Bekker het gesê mense moet geensins die pas ry nie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'