Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Solidariteit Helpende Hand se Mosselbaai-tak het Saterdag, 19 Augustus, 'n strand-stap en skattejag aangebied ten bate van kinders, wat nie toiletware kan bekostig nie.
Met 'n pragtige sonskyndag en 'n walvis wat in die vlakwater die stappers vermaak het, was daar voor die aanvang reeds 'n groot opgewondenheid te bespeur.
FOTOGALERY: Solidariteit Helpende Hand se Strandpret vir behoeftige kinders
Stappers het van die Diaz Hotel gestap tot by Hartenbos en terug. 'n Totale afstand van 8 kilometer. Die eerste drie plekke het lekker groot pryse gewen, waarna elke deelnemer ook elkeen 'n prys ontvang het.
Toe begin die groot pret. Oud en jonk het aan die skattejag deelgeneem en tot die volwassenes het soos baldadige jonges van dae met hul hande gate gegrawe op soek na die skatte. Daar was orals op die strand leidrade en vir die gelukkiges was daar 'n prys.
Volgens Itha Brummer, voorsitter van Helpende Hand Mosselbaai, was die dag 'n groot sukses en is die doel van die dag nie net pret nie, maar dat dit aan vele jong behoeftige kinders 'n glimlaggie op hulle gesiggies sal sit.
Inskrywingsfooie vir die dag was is 'n aanrol-deodorant vir 'n seuns en meisies, tandepaste, tandeborsels en koekies badseep. Die sakkies word dan opgemaak en aan skole oorhandig.
Die Mosselbaai-tak het almal bedank vir hulle ondersteuning.
Vir enige navrae en hoe om betrokke te raak by die Helpende Hand projekte kontak Itha Brummer. (083 564 6553).
VIDEO - Strandstap en skattejag vir behoeftige kinders:
Video: Jannie du Plessis
Een van die sakkies wat met baie liefde opgemaak word vir die behoeftige kinders.
Lekker vars seelug en 'n stappie langs die strand ten bate van behoeftige kinders. Foto: Jannie du Plessis
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’