MOSSELBAAI-NUUS - Die jolige Goue Spele by die Van Riebeeck-stadion het gister, Maandag 29 Junie, op ’n hartseer noot geëindig toe een van die koördineerders van die Mosselbaai Ouer Persone Forum (MBOPF), Glynis Flores (66), kort na afloop daarvan oorlede is.
Vroeër die dag, voor die Goue Spele se fisiese aktiwiteite amptelik afgeskop het, het Flores nog ’n opwarmingsessie gelei, en daarna het sy self ook aan die spele deelgeneem.
Sy het vermoedelik ’n hartaanval gehad toe almal op pad huis toe was, het die MBOPF se voorsitter, Johannah Joshua, gesê.
“Ons betuig ons opregte meegevoel met haar familie, vriende en kollegas. Glynis het met toewyding en hart gedien. Sy sal deur almal van ons baie gemis word,” het Joshua gesê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’