Update
MOSSELBAAI NUUS - Ná die beweerde aanranding van drie gevangenes deur drie bewaarders in die Mosselbaai Jeuggevangenis op 13 Desember, is daar steeds geen antwoord van die Departement van Korrektiewe Dienste nie.
Die drie gevangenes is na bewering met ‘n krieketkolf aangerand.
Die Mossel Bay Advertiser het vir die tweede keer vanjaar 'n navraag gerig oor dié kwessie.
Op 10 Januarie het die departement volstaan dat die ondersoek steeds voortduur en dat hy geen verdere kommentaar in dié stadium het nie.
Met die ter perse gaan het die departement nog nie op 'n opvolg-navraag reageer nie.
Die departement het verlede jaar bevestig dat daar wel 'n insident was, maar geen verdere besonderhede verskaf nie.
Die departement het (ook verlede jaar) gesê hy beskou die aantygings in 'n ernstige lig, maar dat die ondersoek sy gang moet gaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’