RUITERBOSCH NUUS - Die NG Gemeente Brandwacht bied op Erfenisdag, Dinsdag 24 September, 'n pretstap op Ruiterbosch oor 5km aan ten bate van kanker.
Die koste beloop R40 vir volwassenes, asook skoolgaande kinders.
Inskrywings kan reeds van 07:30 gedoen word waarna die wegspring om 09:00 plaasvind.
Die begin- en eindpunt is by die Ruiterbosch Lodge op die R328 sowat 30km van Hartenbos.
Verversings
Waterpunte sal op die roete beskikbaar wees terwyl boereworsrolle, koeldrank, koffie en tee te koop aangebied sal word.
Deelnemers sal in aanmerking kom vir pryse met 'n gelukstrekking. Kontak Liesel Coetzer (083 422 2141) of Jeanette Terblanche (082 812 2797).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’