MOSSELBAAI NUUS - Formele ablusiegeriewe en 'n stoortjie is onlangs op die St Blaize-wandelroete amptelik in gebruik geneem.
Die voorsitter van die Mosselbaai-gemeenskaps-polisiëringsforum, Leon van Dyk en die onderskeie buurtwagte het 'n reuse taak op hulle geneem om dié toeriste-aantreklikheid en andere in Mosselbaai meer gebruikersvriendelik te maak deur onder meer ook na veiligheidsaspekte om te sien.
Daar word in die afsienbare toekoms nie nóg ablusiegeriewe op die roete, wat in 'n unieke dog omgewingsensitiewe area geleë is, beplan nie, hoewel die munisipaliteit voornemens is om wel meer vullishouers op te rig.
Die uitvoerende onderburgemeester, raadslid Dirk Kotzé, die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee, die voorsitter van die Mosselbaai-gemeenskapspolisiëringsforum, Leon van Dyk, buurtwaglede en senior munisipale amptenare het die oprigting van formele ablusiegeriewe by die St Blaize-wandelroete verwelkom.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'