MOSSELBAAI NUUS - Solidariteit Helpende Hand het die inisiatief geneem om alle nie-winsgewende organisasies (NWO's), maatskaplike organisasies, kerke, sielkundiges, terapeute, lewensafrigters en belangstellendes in dié veld uit te nooi na 'n spoednetwerk in Danabaai met dr Shanie Boshoff as die gasspreker.
Die geleentheid het plaasgevind by Travelers, Malvalaan, Danabaai.
By geleenthede soos dié kry elke persoon, instansie of besigheid die kans om sy of haar besigheid in vyf minute aan ander voor te stel.
"Hierdeur bou ons netwerk-geleenthede met ander vennote, maar kry ook inligting van ander organisasies en individue wat in dieselfde veld werksaam is," sê Marlise Labuschagne, assistent-streeksorganiseerder vir die Suid-Kaap.
"Ons het mekaar nodig om gemeenskappe verder te ontwikkel en mekaar se hande sterker te maak," sê sy.
Die spreker vir die dag was dr Shanie Boshoff van Gro-Potential. Sy het haar agtergrond en kennis op maatskaplike gebied gedeel en haar ondervinding en die waarde van netwerk-uitbreiding beklemtoon.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’