Update
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - 'n Soektog na vier gewapende mans wat op Vrydag, 2 Maart op die Kleinvlei-pad duskant Botlierskop opgemerk is, het niks opgelewer nie.
Volgens die polisie het 'n bouer die verdagtes op die terrein van die Botlierskop privaat wildreservaat gesien.
'n Silwer-kleurige Mercedes is ook in die omgewing duskant die wildsheining opgemerk.
Die verdagtes het vermoedelik in die rigting van Friemersheim gevlug en spore is op die toneel gevind.
Die polisie se honde-eenheid asook die polisie se openbare orde-eenheid is na die gebied ontplooi.
Die gebied is per helikopter vanuit die lug gepatrolleer terwyl die polisie voetpatrollies uitgevoer het.
Wildplaaseienaars Lizelle en Cobus Crous het ook die gebied vanuit die lug gepatrolleer en het gebruik gemaak van 'n hoë-prestasie termiese kamera.
Volgens Lizelle het hulle egter slegs diere in die donker opgemerk, en geen verdagtes nie.
Die eienaar van die reservaat bedank almal wat in die soektog gehelp het.
Met behulp van hierdie kamera kon daar na vermeende wildstropers gesoek word.
Lees 'n vorige artikel: Suspected rhino poachers on the run
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'