MOSSELBAAI NUUS - Die Suid-Afrikaanse weerburo voorspel dat dit vandag, Sondag 4 Februarie, warm gaan wees met die moontlikheid van ligte reën oor die Mosselbaai-streek.
Volgens die voorspelling is daar 'n 30% kans vir reën, met 'n temperatuur van 28 grade. Die humiditeit word voorspel op 80%, en dit sal groot deel van die dag bewolk wees. Windspoed is +-9 km/h.
Vir diegene wat strande besoek, moet hulle egter seker maak dat hulle die nodige beskerming teen die son het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’