MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaaiers word genooi om vroeg op Maandagoggend, om 06:00, by die St Blaize-grot by die Punt byeen te kom om solidariteit in protes teen die toename in geweldsmisdade te betoon.
Na verwagting sal die uitvoerende onderburgemeester, Raadslid Dirk Kotzé, die wyksraadslid vir die area die groep in die stap om die Punt lei.
Ds Gielie Joubert sal die geestelike begeleiding hanteer.
Organiseerders van die impromptu byeenkoms vroegoggend op Vrydag, 27 Oktober naby Danabaai in protes teen die toename in geweldsmisdade in die land meen die byeenkoms was 'n groot sukses.
Lees 'n verwante artikel: Mosselbaaiers verenig teen plaasmoorde
'n Beroep word gedoen op alle Mosselbaaiers om na hierdie en ander byeenkomste op te ruk en aan landbouers hul steun toe te sê.
Kontak Pieter Smut (071 287 7200) met navrae.
ARTIKEL: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER NUUSREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'