Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die inwoners van die groter Mosselbaai-omgewing sê hulle het in die afgelope week tussen 24 mm en 96 mm in die verskillende gebiede gemeet.
Aanvanklik was daar laatmiddag, Donderdag 5 Februarie, ’n hewige reënbui, waarna massas water in sekere dele gesien kon word.
Die munisipale wetstoepassing het Georgeweg daardie middag tydelik gesluit sodat oortollige stormwater van die padoppervlak af kon dreineer. ’n Gedeelte van Blandstraat moes ook tydelik gesluit word.
Die Mosselbaai-munisipaliteit het die volgende dag gesê daar is nie aansienlike skade gerapporteer nie.
Na dié reënbui het die Suid-Afrikaanse Weerdiens Vrydag 6 Februarie ’n waarskuwing vir swaar naweekreënval vir die Tuinroete en Overberg uitgereik.
VIDEO: Water stroom op 5 Februarie oor die pad op die hoek van Gys Smalberger- en Kloofstraat
Mossel Bay Advertiser het sy lesers gevra hoeveel reën hulle in hul onderskeie woondele gemeet het - die metings in millimeter het van die lae 20’s tot hoë 90’s gewissel:
• Reebok - 52 mm
• Fraaiuitsig - 54 mm
• Groot-Brakrivier - 40 mm
• Reeboksfontein (plot), Groot-Brak - 96 mm
• Monte Christo - 26 mm
• Outeniquasbosch - 26 mm
• Hartenbos - 24 mm en 33 mm
• Island View - 32 mm
• Diasstrand - 25 mm
• Da Nova - 70 mm
• Mosselbaai-sentraal - 33 mm
• Linkside - 46 mm
• Heiderand - 40 mm
• Danabaai - 47 mm en 52mm.
Die nuutste damvlakke (soos op 9 Februarie) volgens die departement van water en sanitasie lyk só:
Hartbeeskuildam
Vandeesweek: 40,2%
Verlede week: 41,4%
Verlede jaar: 78,9%
Klipheuweldam
Vandeesweek: 11,7%
Verlede week: 12,7%
Verlede jaar: 53,2%
Ernest Robertsondam
Vandeesweek: 36,6%
Verlede week: 23,9%
Verlede jaar: 89,4%
Wolwedansdam
Vandeesweek: 55,3%
Verlede week: 55,8%
Verlede jaar: 90,3%.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’