MOSSELBAAI NUUS - Volgens die nuutste beskikbare verslag, soos saamgestel op 11 Mei, lyk die damvlakke in die Mosselbaai-gebied soos volg:
Ernest Robertsondam
Hierdie week: 100%
Verlede week: 80,98%
Verlede jaar: 85,05%
Wolwedansdam
Hierdie week: 100,33%
Verlede week: 54,47%
Verlede jaar: 99,95%
Hartbeeskuildam
Hierdie week: 46,14%
Verlede week: 34,32%
Verlede jaar: 71,11%
Klipheuweldam
Hierdie week: 19,42%
Verlede week: 5,61%
Verlede jaar: 71,11%
Die volgende amptelik verslag, wat na verwagting op 18 Mei sal verskyn, sal dan ook die reën wat dié week geval het reflekteer.
By navraag het die Mosselbaai-munisipaliteit verduidelik hoekom die Hartbeeskuil- en Klipheuweldamme nie sulke groot stygings soos Wolwedans en Ernest Robertson toon nie. Hy sê beide damme het nie groot opvangsgebiede nie, en wanneer dit reën, vloei daar nie veel oppervlakwater na dié damme nie.
“Water word ook in die [Klipheuweldam] ingepomp vanaf ’n pompstasie wat langs die Moordkuilrivier geleë is. Die volume water wat gepomp kan word, word bepaal deur die kapasiteit van die pomp.
“[Hartbeeskuil] is ’n besproeiingsdam vir boere in die onmiddellike omgewing. Hierdie dam is nie gekoppel aan enige munisipale waterinfrastruktuur of waterbehandelingswerke nie.”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’