MOSSELBAAI NUUS - Die Tuine en Tossels-vrouegroep het op 16 September hul maandelikse geleentheid aangebied. Hierdie maand se geleentheid is deur Lynne Marais en haar span, ’n kleingroep van Tuine en Tossels, saamgestel.
Met die tema ‘Om ’n onbevreesde vrou te wees - Woorde wat die hart raak’, was die skrywers Elisma van Zyl en Stef Kruger die oggend se gassprekers.
Van Zyl en Kruger het die dames met hul unieke stories beïndruk.
Tuine en Tossels is ’n plaaslike vrouegroep in Mosselbaai wat maandeliks bymekaarkom.
’n Baie belangrike aspek van Tuine en Tossels se funksies is hul omgeeprojekte wat die Mosselbaai DBV, Benevolent Park-ouetehuis en die gemeenskapspolisiëringsforum/traumaondersteuningskamer insluit.
Stef Kruger en Elisma van Zyl. Foto: Biancé Kearney
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’