MOSSELBAAI NUUS - Jo Nel, wie se debuutriller, Die hond wat ophou blaf het, onlangs verskyn het, het verlede Donderdagaand lekker gesels oor sy boek tydens 'n bekendstelling by Bargain Books in die Langeberg Mall.
Die intieme gehoor, waaronder ook van sy vorige taalonderwysers, het met groot belangstelling geluister oor hoe Nel sy spanningsvolle verhaal saamgestel het.
Die hond wat ophou blaf het, handel oor 'n gefrustreerde tandarts wat vasgevang word in 'n klomp moorddadige intriges terwyl hy skynbaar aan episodes van geheueverlies lei.
Plaaslike joernalis, Cornelle Carstens het die gesprek gelei. Nel het tydens die geleentheid gesê dat sy manuskrip vir sy tweede boek reeds goed op dreef is.
Twee van Jo Nel se taalonderwysers Maryna Terblanche (links) en Martie Visagie is ewe trots op hulle leerling se debuutriller wat verlede week by 'n boekbespreking bekend gestel is. Foto: Cornelle Carstens
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'