MOSSELBAAI NUUS - Helplift, 'n hulporganisasie wat nasional funksioneer om uit te reik na gemeenskappe in nood, het verlede week sanitêre produkte aan 'n plaaslike laerskool geskenk.
Die organisasie het maniere waarop hulle die gemeenskap ondersteun, hetsy deur finanisiële hulp of vrywillige hulp, deur ander bestaande organisasies of behoeftebepaling.
Die organisasie het by by Mosselbaai EK Primêre skool voorheen bekend as All Saints Skool 'n behoefte aan sanitêre doekies geïdentifiseer.
Danksy vrouevrywillgers en 'n finansiële skenking, kon 'n projek aangepak word. Daar is ook tydens die oorhandiging met die meisies gesels oor versorging en die voordele van omgewingsvriendelikheid wat die projek inhou.
Vir meer inligting oor hoe om betrokke te raak, kontak Sybil Coetsee (071 473 6942).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'