HARTENBOS NUUS - Die Hartenrus Aftreeoord in Hartenbos het onlangs ’n pretkonsert gehou.
Die inwoners het met entoesiasme hul gawes laat skyn en baie goed van hul taak gekwyt.
Hulle het die geleentheid terdeë geniet.
Dit is nie aldag wat 'n groep inwoners bymekaar kom om saam konsert te hou nie.
Die seniors het ontdek dat hulle verskeie verskuilde talente het waarvan hulle nie voorheen geweet het nie.
Griekse danse is gedans, 'n verskyning van ‘David Kramer’ is gemaak, die liedjie ‘Ou ryperd’ is gesing en nóg meer vermaak is aangebied.
Marie van Nierop, van die aftreeoord se beheerraad, het gesê: "Ons het uit ons nate gebars en uitbundig gelag."
Die Griekse dansers was Lorayne Viljoen, Marie van Nierop, Ina Esterhuizen en Ada Gericke.
'Ou Ryperd', met Douw Coetsee, Bok Myburgh, Frans de Villiers en Martin Esterhuizen.
Hester en Gerhard Olivier het 'Jan, asseblief tog squeeze my' na nuwe hoogtes gevoer.
Tinie Gericke het hom ingeleef as die oue Blokkies Joubert.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’