MOSSELBAAI NUUS - Met die reënweer vandag, Dinsdag, 26 Desember, is meeste van die strandpret nie vir kinders beskore nie.
Natalia (Tallie) Reyneke, wat op 20 Desember drie jaar oud geword het, het egter die kans geneem en so 'n bietjie by Die Punt op Mosselbaai saam met mamma, Michelle, te gaan stap.
En wat is nou lekkerder as om in elke poeletjie te spring dat die water so spat.
Niks is lekkerder vir die drie-jarige Natalia Reyneke om saam met mamma in die waterpoeletjies rond te spring. Foto: Michelle Reyneke
Volgens die Suid-Afrikaanse Weerburo behoort die reën so teen die aand se kant op te klaar maar die wind gaan maar so 'n bietjie pla.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’