MOSSELBAAI NUUS - Milde reën wat sedert Donderdagnamiddag in die omgewing neersif, het welkome verligting – en pret – meegebring.
‘n Leser, Arthur van Vuuren, het drie jong mannetjies in Groot-Brakrivier raakgeloop waar hulle heerlik in ‘n waterplas baljaar het.
Volgens terugvoer van lesers is daar reeds op plekke in die Mosselbaai-middedorp sowat 36mm reën gemeet, terwyl ietwat minder by reënmeters in Danabaai opgevang is.
Die webblad http://www.weathersa.co.za daarenteen toon dat sowat 50mm neerslag vroegdag gemeet is, en heelwat meer reën word vir Saterdag voorspel.
Die Tuinroete Distriksmunisipaliteit het in ‘n waarskuwing gemaan teen neerslae van tussen 40mm en 80mm, hoewel meer reën na die berge se kant verwag word. Sneeuneerslae word vir die berge in die area voorspel, wat goeie nuus vir plaaslike damme meeebring.
Vir geloofwaardige weervoorspelling, besoek gerus die webblad yr.no.
Stuur gerus reënvalstatistiek na die naweek se reën na mba@groupeditors.co.za.
Vir geloofwaardige weervoorspelling, besoek gerus die webblad yr.no.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'